welkom by omnisolar

Ons is stelselontwerpers, verskaffers, integreerders en installeerders van alternatiewe elektrisiteit en waterpompstelsels wat spesialiseer in alternatiewe elektrisiteit vir plase, vakansiehuise, eko-ontwikkelings, natuurreservate kommunikasietorings ens. Solar, wind, hidro en kragopwekkerkrag word gekombineer in 'n hibriede stelsel op die mees ekonomiese en omgewingvriendelike wyse. Ons spesialiseer in die verskaffing van volledige alternatiewe elektrisiteitstelsels asook lang rugsteun ononderbroke kragbronne (U.P.S.)waar stabiele en ononderbroke elektrisiteitsvoorsiening van kritieke belang is.  OMNISOLAR is onder andere die streekverspreider vir Solarworld en Grundfos en is tans die voorlopewr verskaffer van Grundfos SQ Flex sonkragwaterpompstelsels in Suid-Afrika.

BESIGHEIDSFILOSOFIE

Ons besigheidsfilosofie is om persoonlike aandag aan elke projek te gee ten einde kwaliteit en kliëntetevredenheid te verseker. In plaas daarvan om net onderdele te verkoop, verkoop ons oplossings. Alle stelselontwerpe en installasies word deur onsself gekontroleer en dit het OMNISOLAR as 'n betroubare diensverskaffer gevestig.