DIE GEBRUIK VAN ALTERNATIEWE ENERGIEBRONNE WAAR GEEN ELEKTRISITEITSNETWERK BESTAAN NIE

 Om ver vanaf ‘n elektrisiteitsnetwerk tebly, beteken nie dat ‘n mens sonder alle luukshede hoef klaar te kom nie. Daar is alternatiewe energiebronne wat die lewe amper net so gerieflik kan maak, met die bykomende voordeel dat u hernubare en volhoubare energiebronne kan gebruik soos elektrisiteit wat opgewek word deur sonkrag. Daar is natuurlik ook ander bronne van alternatiewe elektrisiteit soos windkrag en hidro-elektrisiteit en biomassa.  

 ‘n Tipiese alternatiewe energiestelsel sal die volgende energiebronne gebruik: 

Die algemene reel is dat toestelle wat hitte genereer (soos warmwatersilinders, ketels, stowe, tuimeldroėrs ens.) groot verbruikers is. Energiedoeltreffendheid speel ‘n belangrike rol om die koste van ‘n stelsel so laag as moontlik te hou. Met die gebruik van energiedoeltreffende toestelle en beligting sowel as nie-elektriese alternatiewe waar moontlik, kan elektrisiteit vanaf die son ‘n omgewingsvriendelike alternatief bied.  

Beligting: Elektrisiteit opgewek deur die son. Energiebesparende gloeilampe gebruik maar 20% van die energie van ‘n normale gloeilamp en is die aanbevole gloeilamp om te gebruik. Onlangs het LED ligte op die mark verskyn wat nog minder elektrisiteit gebruik.

Stowe: Gasstoof

Mikrogolfoond: Klein mikrogolfoonde kan met sukses vanaf sonkragstelsels gebruik word veral omdat gebruikstye normaalweg kort is.

Warm water: Waterverwarming dmv sonwaterverhitters of gasverwarmers.

Klein toestelle: Klein toestelle soos broodroosters en haardroėrs verbruik groot hoeveelhede elektrisiteit. Omdat hulle egter ongereeld en vir slegs kort tydperke gebruik word, kan hulle suksesvol vanaf sonkrag stelsels gebruik word mits die sonpanele, batterybank en omsetter in die stelsel groot genoeg is.

Verkoeling: As ‘n elektriese yskas gebruik gaan word, moet dit van die energiebesparende tipe wees. ‘n Energiebesparende ys/vrieskas gebruik ongeveer vier keer minder elektrisiteit as sy konvensionele eweknie. Die hoėr koste van ‘n kwaliteit energiebesparende ys/vrieskas is die geld werd aangesien dit opmaak vir die duurder sonpanele en/of windlaaiers en batterybank wat benodig sou word. Gasaangedrewe yskaste is ‘n goeie keuse waar hulle nie voltyds gebruik word nie soos byvoorbeeld in vakansiehuise. Waar dit voltyds gebruik word, is ‘n elektries aangedrewe yskas beslis op die lang duur goedkoper en geriefliker.

Was: Die meeste wasmasjiene gebruik betreklik min krag op ‘n koue siklus en werk maklik vanaf ‘n alternatiewe elektrisiteitstelsel.

Stryk: Strykysters gebruik gewoonlik in die omgewing van 1,500 watt per uur en dit is duur om dit vanaf sonkragstelsels te gebruik. ‘n Geraaslose kragopwekker is ‘n goeie opsie.

Tuimeldroėrs: Swaar verbruiker van elektrisiteit en ‘n geraaslose kragopwekker is ’n goeie opsie.Daar is ook tuimeldroėrs op die mark wat LPGas gebruik as hittebron.

Verhitting: Gas en hout is die beste alternatiewe vir verhitting van ruimtes. Goeie passiewe ontwerpe wat die son gebruik vir verhitting kan die nodigheid vir verdere verhitting verminder.

Vermaak: TV, video, radio en hoėtroustelle is klein verbruikers en kan maklik deur ‘n alternatiewe elektrisiteitstelsel aangedryf word. Alhoewel rekenaars ietwat meer krag gebruik, is hulle betreklik ligte verbruikers. Klein (notaboek) rekenaars gebruik weer heelwat minder krag as die tafelmodelle.

 ‘n Tipiese alternatiewe kragstelsel sal uit die volgende onderdele bestaan:

Die stelsel kan van een of meer laaimetodes gebruik maak. Wanneer meer as een laaimetode gebruik word, staan dit bekend as ‘n hibriede stelsel. ‘n Wind/son hibriede stelsel is ‘n goeie opsie.  

Hoofkomponente van ‘n alternatiewe elektrisiteitstelsel

Toerusting om energie uit natuurlike bronne te ontgin

Sonpanele, windlaaiers of hidroturbines kan groen energie uit die natuur vergader. Groen energie is beide omgewingsvriendelik en volhoubaar. Petrol of diesel kragopwekkers (van die geraaslose tipe) kan gebruik word tydens spitstye of as rugsteun, maar dit is nie ‘n omgewingsvriendelike benadering nie en die gebruik daarvan moet soveel as moontlik beperk word. Die grootte van die sonpanele en windlaaier word bepaal deur die daaglikse verbruik in watt-uur.

 Stoor van energie

Batterybank. Die batterybank se grootte moet so ontwerp word dat dit ‘n paar daar reserwekrag kan opgaar vir tye wanneer die son nie skyn of die wind nie waai nie.

Omskakeling van batterykrag na 230 V ~

‘n Omsetter is nodig  om batterykrag na normale 230 Volt wisselstroom toe om te skakel. Die grootte van die omsetter word bepaal deur die spitskapasiteit wat benodig word.  

Ontwerp van ‘n alternatiewe elektrisiteitstelsel 

Die grootte van ‘n alternatiewe elektrisiteitstelsel hang af van die spitskrag wat op enige tydstip benodig word (watt) sowel as die totale hoeveelheid energie wat oor ‘n tydperk van 24 uur benodig word (watt-uur) sowel as die hoeveelheid energie wat uit alternatiwe kragbronne soos son en wind verkry kan word (ure sonskyn per dag en windfaktor). Hierdie faktore sal die uiteindelike koste van ‘n alternatiewe elektrisiteitstelsel bepaal.

 ‘n Stelselontwerp en kostebepaling kan gemaak word ooreenkomstig u behoeftes. Ten einde dit te kan doen, word inligting benodig oor die toestelle wat u beplan om te gebruik.

 Benaderde verbruik in watt uur per dag (bereken as die som van die verbruik in watt uur van al die toestelle gebruik), byvoorbeeld:

10 X “energy saver” gloeilampe 12 watt @ 5 uur per dag                       600 watt-uur

1 x TV 120 watt @ 3 uur per dag                                                        360 watt-uur

Totale daaglikse verbruik                                                                   960 watt-uur

Spitslas is die maksimum krag wat op enige tydstip getrek word wanneer al die toestelle aangeskakel  = 240 watt      

Copyright © 2007 OMNISOLAR | info@omnisolar.co.za