RUGSTEUN KRAG

 

RUGSTEUNKRAG TYDENS KRAGONDERBREKINGS

HOE KIES 'N MENS N RUGSTEUNSTELSEL

Daar is verskeie moontlikhede wanneer 'n rugsteunstelsel gekies word wat strek vanaf diesel en petrolkragopwekker, tipiese U.P.S (ononderbroke kragbron), alternatiewe energie (bv. wind- en sonkrag) en omsetter/battery/batterylaaier kombinasiestelsels wat soortgelyk is aan 'n U.P.S. maar met verlengde rugsteuntyd. Elkeen van hierdie stelsels het sekere voor- en nadele en die spesifieke gebruik en behoeftes sal bepaal watter stelsel uiteindelik die beste keuse sal wees.

Voordat u 'n rugsteunstelsel aankoop, is dit belangrik om die volgende feite in ag te neem. Rugsteunstelsels en batterye is duur en elke toestel wat vanaf die stelsel moet loop wat nie absoluut noodsaaklik is nie, sal die koste van die stelsel onnodig opjaag.

Ons stel daarom voor dat u deeglik moet besin oor watter toestelle vanaf die rugsteunstelsel moet kan werk tydens 'n kragonderbreking. As ons byvoorbeeld kyk na 'n normale ys/vrieskas wat vir 'n paar uur af is tydens 'n kragonderbreking, sal dit geen negatiewe gevolge hÍ nie maar 'n yskas met entstof is van kritieke belang. 'n Dakwaaier wat nie werk nie kan ongemaklik wees, maar 'n suurstofmasjien wat nie werk nie kan 'n saak van lewe en dood wees. 

 

SONKRAG AS 'N RUGSTEUNKRAG?

Die gebruik van sonkrag as 'n bron van rugsteunkrag tydens kragonderbrekings kan met reg bevraagteken word aangesien dit 'n swak benutting is van 'n relatief duur belegging. Afhangende van die frekwensie van kragonderbrekings, sal die sonkragstelsel die meeste van die tyd in die son luier. As geld en en inkomste op die belegging nie belangrik is nie, is u uiteraard vry om dit so te doen en dit is prysenswaardig omdat dit ook u koolstof voetspoor sal  verklein.

Vir 'n kragrugsteunstelsel stel ons 'n batterybank saam met 'n omsetter/batterylaaier/oorskakelaareenheid voor. Wanneer krag vanaf die netwerk beskikbaar is, laai die eenheid die batterybank. Wanneer daar 'n kragonderbreking is, skakel die eenheid self oor na 'n omsetter wat die gestoorde batterykrag omskakel na normale 230 Volt wisselstroom. In gevalle waar die kragonderbreking vir 'n lang tydperk aanhou, kan die stelsel verder gerugsteun word deur 'n kragopwekker.

HOE OM DIE GROOTTE VAN "N RUGSTEUNSTELSEL TE BEPAAL

Om die grootte van 'n stelsel te bepaal sal ons moet weet hoe lank die stelsel rugsteunkrag moet verskaf en ook die spits kragverbruik sowel as die totale energie wat  in die tyd verbruik sal word.

'n Lys van alle toestelle wat gebruik gaan word, moet opgestel word;

 

'n Tipiese gemiddelde huishouding sal rugsteunkrag benodig vir:

BELIGTING: 'n Paar ligte (verkieslik energiebesparende gloialmpe of LED ligte)

SEKURITEIT: Interkom, elektriese hek en garagedeur oopmakers en alarmstelsel.

ONTSPANNING: Krag vir musiek, radio en TV.

KOMMUNIKASIE: Krag vir tuisrekenaar, foon en selfoon.

VERKOELING: Normaalweg slegs benodig in kritieke gevalle of waar langdurige kragonderbrekings voorkom.

VERHITTING, KOSMAAK: Dit moet verkieslik gedoen word met LPGas of vanaf kragopwekkers aangesien 'n batterystelsel hiervoor baie duur sal wees.

Is dit 'n opsie om van ESKOM krag ontslae te raak?

Daar is sekerlik mense wat dit doen, maar in die meeste gevalle doen hulle dit vir omgewingsvriendelike redes wat prysenswaardig is.  Die koste van elektrisiteit in Suid-Afrika is relatief laag wanneeer dit met wÍreldpryse vergelyk word. A.g.v die lae koste is mense in Suid_Afrika oor die algemeen nie baie ingestel op elekkrisiteitsbesparing wanneer dit kom by die kies van elektriese toestelle en ligte nie. Oor die algemeen is ons ook nie ingestel op die afskakel van ligte en toestelle nie. As u die oortuiging en die geld het en u wil van netwerkkrag ontslae raak, is daar verskeie aspekte wat u in ag moet neem.

Eerstens sal u 'n deeglike opgawe moet maak van u huidige kragverbruik en die hoof laste, kritieke laste en areas waar u krag kan bespaar, identifiseer. U sal moet bereid wees om in 'n energie-effektiwiteitsoefening in te gaan en u lewenstyl dienooreenkomstig aan te pas.

Die hoof kragverbruikers in enige huishouding is normaalweg die toestelle wat hitte genereer met spesifieke verwysing na warmwatersilinders, elektriese stowe en -kookplate en tuimeldroeŽrs. Hier sal 'n mens sterk oorweging moet gee an die gebruik van sonwaterverhitters, LP gasstowe en die droog van klere aan 'n wasgoeddraad of die gebruik van tuimeldroeŽrs wat LP gas as verhittingsbron gebruik.

 

Lees asseblief ook die gedeelte "off-grid living"

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Copyright © 2007 OMNISOLAR | info@omnisolar.co.za